So die week het ek besluit om bietjie Afrikaans te gaan. Gedeeltelik omdat dit my moeder taal is, maar ook omdat dit voel asof ek dit gaan vergeet. Ek weet dit is nie moontlik nie, maar nogsteeds…
Maandag, 20/11 – Die kids was siek gewees, so hulle kon nie skool toe gaan nie. Dit het my darm toe gelaat om persoonlike tyd saam met hulle te kry… Om hulle te leer ken sonder dat hulle ma daar is… Hulle is pragtige kinders… Regtig… Ek het in minder as drie weke alreeds liefde vir albei van hulle… Ons het die aand geëindig met familie tyd.
Dinsdag, 21/11 – Ek het weereeens die geleentheid gekry om die dag saam met Amanda se pa te spandeer… Hy het my gevat na ‘n klomp verskillende restaurante toe, en my gewys “hoe Amerikaners eet”. Skokkend!! Ek was letterlik dik gevoer!! Ek was by drie verskillende restaurante. Eerste was Dave’s, waar ek hulle “signature dish”, wat buffalo wings en blue cheese sauce was, geëet het. Dit was amazing!! Daarna het ek chicken pot pie by die volgende restaurant gehad, wat ook super fantasties, maar vullend was… Laastens het hy my gevat na ‘n Italiaanse plek toe, wat ‘n bakery, vleismark en restaurant in een was, waar ek ‘n moerse sny pizza gekry het… Ons het tyd gehad om mekaar ook beter te kon leer ken… Ek het baie respek vir hom. Ons het ook deur die twin cities gery, en baie van die historiese monumente gaan sien… Ons was net rustig deur die aand gewees, aangesien die kids nogsteeds nie lekker was nie.
Woensdag, 22/11 – Dag drie van siek kids. Hul borsies was seker al seer gehoes by die tyd. Hul was weer nie skool toe nie, so het die dag saam hul spandeer. Netflix is jou beste vriend as kids ge-entertain moet word!! Dit was ‘n rustige dag en aand, die kids is min werk, al is hul siek.
Donderdag, 23/11 – THANKSGIVING!! My eerste een ooit!! Kalkoen, Mashed artappel, stuffing, greenbean casserole, Ham, Mince lasagna, en nog vele meer!! Ons was by Amanda se pa gewees vir ete, en haar oupa het selfs kom kuier. Ons het daarna na haar ma hul se huis toe gegaan… Dink aan ons gewone familie parties… Ja, daar was soveel mense daar gewees!! Baie gevoel soos wat ons gewoonlik doen… Ek het die geleentheid gehad om baie van haar familie te ontmoet. Goeie mense… Baie goeie mense… Almal wou net meer weet van my, my land, my aksent, my kultuur… Baie oorweldigend… In ‘n goeie manier… Dit was lekker om te kon praat oor Suid Afrika, en om te kan verduidelik waar ek vandaan kom… Dit was oor die algemeen ‘n amazing dag gewees!! Baie besig, baie aktief en baie sosiaal… Dinge wat ek nie baie doen nie… Maar dit was baie lekker… Ons het die aand geïendig met musiek en geselskap by die huis.
Vrydag 24/11 – Black Friday!! Amanda moes al 7uur by die werk gewees het om voor te berei vir die dag. Amanda se stiefpa, Dave het my 11uur op getel om die dag saam met hom te spandeer. Ons het begin deur meer van die twin cities te sien, voordat ek die geleentheid gehad het om sy pligte as kapelaan eerstehands te kon sien. Na dit het hy my gevat na ‘n outentieke mexican restaurant, waar ek my eerste regte mexican kos geëet het – chicken tamales. Baie baie lekker!! Dis soos mielie brood en shredded hoender met hulle eie spicy sous. Baie lekker, baie anders. Kan dit nie vergelyk met iets nie. Nog nooit iets soortgelyk probeer nie. Ek het ook die geleentheid gehad om by die Midtown global market te sien… Kos van reg rondom die wêreld (behalwe SA). Die reuke en geure daar binne was awesome gewees. Dit is iets om te doen as jy nuwe goed wil probeer… Amanda het ook vir my chutney gebring. Regte SA chutney!!
Saterdag, 25/11 – Amanda het eers 14H30 begin werk, so ons het meeste van die dag saam gehad. Ons was rustig by die huis, sonder die kids. Toe sy werk toe moes gaan, het ek vir die eerste keer gery op die oop pad!! Ek het haar werk toe gery!! Sy het my genoeg vertrou om te sê dat ek die kar moet hou. Dit het my al die vryheid en onafhanklikheid gegee wat ek die laaste paar weke nodig gehad het. Ons was rustig deur die aand. Amanda het ‘n spesiale kussing vir my huis toe gebring. Sy is amazing.
Sondag, 26/11 – Tweede dag van onafhanklikheid. Dit het gevoel soos die dae van tiener wees, waar ‘n kar regtig voel asof jy die wêreld in jou hande het. Ek en Amanda het saam breakfast gemaak – Scrambled eggs, salsa, bacon en peppers in ‘n wrap, met chili gravy!! Dit was baie lekker gewees!!! Toe ek haar werk toe gevat het, het ons besluit om te kyk vir ‘n sausage maker en grinder, en ons het albei gekry!! Ons het lunch saam gehad ook – Subway. Na werk, het ons sommer instant noodles vir aandete gehad, voor ‘n aand van kwaliteit tyd. Ons het ook ‘n “sausage maker” en grinder gekry!! Die week wat kom kan ek heel moontlik my eerste boerewors maak!! Baie opgewonde daarvoor!!
Hierdie week was groot stappe voorentoe!! Ek het onafhanklikheid gekry, en ek het thanksgiving beleef!! Ek het meer familie ontmoet, en geleentheid gehad om belangrike mense in haar lewe beter te leer ken!! Ek het ook tyd gehad om meer gewoond te raak aan die kids, en andersom!! My grootste frsutrasie nou bly die feit dat ek nie mag werk nie… Die feit dat ek nie meer kan help finansieel nie… Dit werk op my senuwees, en ook op my gedagtes… Maar dit sal kom met tyd… Ek het hierdie week ook besef dat Suid Afrikaners baie dinge het wat Amerika nie het nie… Daar is nie publieke hospitale in Amerika nie… Jy betaal vir ALLES!! Tegnelogie in Amerika is baie goedkoop teenoor Suid Afrika. Bekende sangers en sangeresse tree WEEKLIKS op!! Vullishope is belaglik!! Daar is nog soveel om te leer, soveel om te doen. Ek verjaar Saterdag. Baie opgewonde om te sien wat hierdie week vir my in gedagte het!! Ek dink nie ek hoef te sê dat ek my familie mis nie. Dit gaan nog lank nie verander nie… Dit is moeilik somtyds om te video chat… Maar dit sal seker makliker raak oor tyd… Ek is baie gelukkig hier. Amanda maak my baie gelukkig. Ek is alreeds vier weke in Amerika. Tyd vlieg so vinnig. Hopelik kry ek geleentheid om die week brood en boerewors te maak!! Ek smag na boerewors… Van alle dinge… Hmmm…